Astra Castra - Dot Serfontein
Opsomming van die verhaal
Ettie hardloop haar eerste wedloop teen haar grootste kompetisie, Hanna Dewalt
Ettie is baie bang en verskik en voel die druk wat op haar is om te presteer
Haar afrigter, Eben Bester, is saam met haar
Sy klop vir Hanna, die kampioen, en die mense rondom haar wens haar geluk - sy het Hanna se drie-jare oue rekord ge-ewenaar (dieselfde tyd gekry)
Sy geniet die lofprysing net vir 'n oomblik, voor Eben haar aan die arm vat en se sy moet aantrek
Sy voel glad nie goed oor die wen nie - emosioneel en fisies - fisies het sy 'n blaas op haar voet van haar nuwe spykerskoene
Daar is 'n terugflits na haar in die Wiskundeklas - Eben Bester is ook haar Wiskunde-onderwyser
Dolf gee vir Ettie sy huiswerk
Eben kom in die klas in en vra wie het die huiswerk reggekry - Ettie se sy het
Sy en Dolf het beide die verkeerde manier gebruik om die som te doen - Eben beskuldig Ettie dat sy by Dolf afgeskryf het
Dolf ontken dit nie, so Eben se Dolf het seker by Ettie afgeskryf - Dolf vat die skuld vir Ettie
Ettie ontken dit ook nie en voel baie sleg daaroor
Eben gesels later met sy verloofde hieroor en sy is baie ontsteld - sy hou duidelik nie van die nabye verhouding tussen Ettie en Eben nie
Sy dink hy is te betrokke by haar en dit plaas druk op hulle verhouding
Die verhaal gaan na waar Ettie oefen - hy reel dat sy tot die einde van die kwartaal by die skoolhoof (oom Spekies) woon om haar kos en aktiwiteite te reguleer
Dolf nooi haar na die seunskoshuispartytjie twee dae voor sy PE toe moet gaan vir die SA Kampioenskappe - sy kan nie gaan nie, want Eben reel dat hulle na 'n filmopname van haar vorige wedloop kyk - hy hou nie daarvan dat sy saam met Dolf na die seunspartytjie toe gaan nie
Dolf kom kuier na die filmopname vir haar - hy was nie na die partytjie toe nie
Dolf =beloof om die dag van die wedloop van vyfuur die oggend af elke uur 30 sekondes aan haar te dink
Dolf gee vir haar 'n kaartjie wat se: "Ek dink aan jou"
Ettie hardloop teen Hanna in die SA Kampioenskappe
Sy verloor, maar sy voel nie teleurgesteld nie - sy besef Eben is net 'n mens en atletiek is nie haar lewe nie
Eben leer niks en is steeds dieselfde
Verteller
- Alomteenwoordige/derdepersoon-verteller
- Die verteller ken almal se emosies/ervaringe en kan alles sien, hoor en beleef aangaande die karakters
- Die verteller is nie gebonde aan tyd, plek en ruimte nie Ettie as karakter
PROGRESSIE:
- aan die begin is sy onvolwasse en onseker van haarself
- voor die eerste wedloop is sy gespanne, bang en verward
- sy is total onder Eben (haar afrigter) se mag en verafgod hom - aan die einde van die verhaal is sy meer gefokus en het insig in haar situasie
- sy is nie meer so bang vir Eben nie, maar sien hom as ‘n gewone mens
- sy besef atletiek gaan oor soveel meer
- by die tweede wedloop is sy rustiger en kalm, want sy het iemand wat vir haar as mens omgee, Dolf
- sy is beheers en tree meer volwasse op Eben se karakter- ‘n Wiskunde-onderwyser en Ettie se atletiekafrigter
- was self onsuksesvol as atleet en dit motiveer sy gedrag
- hy is ontevrede met die lewe oor die algemeen
- hy probeer sy eie gemiste prestasie deur Ettie regstel – hy kon nie suksesvol wees as ‘n atleet nie, so hy probeer Ettie se sukses syne maak
- hy is besitlik en teenoor Ettie en jaloers – hy wil nie hê sy moet vriende maak nie, hy wil nie hê sy moet haar eie sosiale lewe hê nie (sy mag nie na die dans gaan nie)
- hy ken haar meer persoonlik as wat ‘n afrigter behoort (hy weet wanneer haar tyd van die maand is, ens.)
- sy verhouding met sy verloofde ly daaronder – sy obsessie om deur Ettie te presteer affekteer sy verhoudings
- sy atlete is vir hom belangriker as sy verloofd
- hy is hard, maar wanneer sy atlete seerkry, is hy sagter met hulle, want hy empatiseer (hy was self daar gewees)
- Ettie merk op dat hy geen vriende het nie
back